Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 12:1 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 12:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

In dié tyd het koning Herodes party van die gemeentelede laat vang en hulle mishandel.

HANDELINGE 12:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

HANDELINGE 12:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In dié tyd het koning Herodes Agrippa party van dié wat aan die kerk behoort, laat arresteer en hulle mishandel.

HANDELINGE 12:1 DB (Die Boodskap)

In daardie tyd het koning Herodes begin om die gelowiges in Jerusalem wreed te vervolg.

HANDELINGE 12:1 ABA (Bybel vir almal)

In daardie tyd het koning Herodes party van die gelowiges gevang en hy het slegte dinge aan hulle gedoen.

HANDELINGE 12:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het koning Herodes die hand geslaan aan sommige uit die •gemeente, om hulle leed aan te doen.

HANDELINGE 12:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande uitgesteek om sommige van die gemeente te pla.