HANDELINGE 11:21 - Compare All Versions
HANDELINGE 11:21 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het hulle gehelp, en baie mense het in die Here begin glo en hulle het begin lewe soos Hy wil hê hulle moet lewe.
HANDELINGE 11:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
HANDELINGE 11:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het.
HANDELINGE 11:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hand van die Here was oor hulle, en 'n groot aantal het gelowig geword en na die Here gedraai.
HANDELINGE 11:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot aantal het geglo en hulle tot die Here bekeer.
HANDELINGE 11:21 DB (Die Boodskap)
Die Here se groot krag het deur hierdie gelowiges gewerk sodat ’n groot groep mense in ’n kort tydjie tot bekering gekom het. Hulle het hulle sondes laat staan en volgelinge van Jesus geword.
HANDELINGE 11:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die Here het hulle werk geseën sodat ’n groot aantal tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het.