Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 1:12,14 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 1:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, 'n sabbatsreis ver.

HANDELINGE 1:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met 'n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.

HANDELINGE 1:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.

HANDELINGE 1:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

HANDELINGE 1:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer.

HANDELINGE 1:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by.

HANDELINGE 1:12 DB (Die Boodskap)

Die Olyfberg waar Jesus van sy dissipels afskeid geneem het, is sowat ’n kilometer van Jerusalem af.

Handelinge 1:14 DB (Die Boodskap)

Hulle het elke dag saamgebid. Van die gelowige vroue het saam met hulle kom bid, so ook Maria, Jesus se ma, sy broers en ’n klompie ander gelowiges. Later was daar by die 120 mense in die kamer bymekaar.

HANDELINGE 1:12 ABA (Bybel vir almal)

Die apostels was op die Olyf-berg, naby Jerusalem, so ver soos 'n mens op die Sabbatdag mag loop. Hulle het toe teruggegaan na Jerusalem.

Handelinge 1:14 ABA (Bybel vir almal)

Die apostels het altyd saam gebid, saam met 'n paar vroue. Jesus se ma Maria en sy broers het ook saam gebid.

HANDELINGE 1:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarna het hulle van die berg wat as die Olyfberg bekend staan en wat digby Jerusalem was, 'n Sabbatsreis ver, teruggekeer na Jerusalem.

Handelinge 1:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers.

HANDELINGE 1:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het toe na Jerusalem teruggekeer van die berg wat genoem word Olyfberg, wat van Jerusalem af 'n sabbatsreis is.

Handelinge Handelinge van die Apostels 1:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het almal eendragtig volgehou in gebed en smeking, met die vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.