3 JOHANNES 1:6
3 JOHANNES 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het vir die gemeente hier vertel van jou liefde. Ek stuur hulle nou weer na jou toe. Dit sal goed wees as jy hulle help sodat hulle verder kan gaan soos God wil hê hulle moet gaan.
3 JOHANNES 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.
3 JOHANNES 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag
3 JOHANNES 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het voor die •gemeente van jou liefde getuig. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n manier wat God waardig ag.
3 JOHANNES 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat getuig het van u liefde voor die gemeente; aan wie u goed sal doen as u op hulle reis voortbring volgens 'n goddelike soort.
3 JOHANNES 1:6 Die Boodskap (DB)
Toe hulle weer hier by ons gemeente aangekom het, het hulle ons alles vertel, en dit was ’n mooi verhaal van jou liefde. Jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit.