2 TIMOTEUS 3:8
2 TIMOTEUS 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat vir die vroue leer, probeer keer dat hulle die waarheid hoor, soos Jannes en Jambres vir Moses probeer keer het. Hulle is mense wat nie meer reg kan dink nie, hulle geloof beteken niks.
2 TIMOTEUS 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
2 TIMOTEUS 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat in die verstand verward is en in die geloof 'n mislukking.
2 TIMOTEUS 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, net so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat korrup is in hulle denke en onbetroubaar in hulle geloof.
2 TIMOTEUS 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so weerstaan hulle ook die waarheid: manne met korrupte verstand, verwerplik in die geloof.