2 TIMOTEUS 3:4 - Compare All Versions

2 TIMOTEUS 3:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.

2 TIMOTEUS 3:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God

2 TIMOTEUS 3:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle sal hulle vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God.

2 TIMOTEUS 3:3-4 DB (Die Boodskap)

Liefde sal nie deel uitmaak van hulle woordeskat nie, maar hulle sal alte goed weet hoe om ’n wrok teen ander te dra, of om lelike stories oor ander te versprei. Hulle sal spesialiseer daarin om net te doen wat hulle wil sonder om om te gee wat gaan gebeur, selfs al beteken dit dat hulle op so ’n manier mense buitengewoon seermaak. Moenie vir hulle voorstel om iets goeds te doen nie, want hulle haat dit. Jy sal hulle glad nie kan vertrou nie, want hulle sal jou om die eerste draai in die rug steek. Hulle sal nie omgee om deur hulle optrede ander mense in gevaar te stel nie en boonop sal hulle dink dat hulle baie beter is as ander mense. Hulle sal die poele van plesier kies eerder as vir God.

2 TIMOTEUS 3:4 ABA (Bybel vir almal)

Hulle sal verraaiers wees, hulle sal nie dink voordat hulle iets doen nie, hulle sal dink hulle is wonderlike mense, hulle sal lief wees om te doen wat vir hulle lekker is, hulle sal nie lief wees vir God nie.

2 TIMOTEUS 3:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God

2 TIMOTEUS 3:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Verraaiers, koppige, hoogmoedige, liefhebbers van genot meer as liefhebbers van God