2 TIMOTEUS 2:25-26
2 TIMOTEUS 2:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Bybel vir almal (ABA)
As mense vir die gelowiges ander dinge leer as wat die dienaar van die Here vir hulle leer, dan moet die dienaar vir hulle sê dat hulle verkeerd is, maar hy moet dit mooi vir hulle sê. Miskien sal God hulle harte verander sodat hulle sal lewe soos Hy wil hê en sodat hulle die waarheid sal leer ken. Die duiwel het hierdie mense gevang om te doen wat hy wil hê. Miskien sal hulle weer reg kan dink en kan loskom uit die duiwel se vangstrik.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
iemand wat teenstanders met sagtheid teregwys. Miskien mag God hulle tot bekering bring, sodat hulle die waarheid kan ken, en hulle tot hulle sinne laat kom – vry van die strik van die Duiwel, deur wie hulle gevange gehou word om te doen wat hy wil hê.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In sagmoedigheid onderrig die wat hulleself teëstaan; as God hulle dalk bekering sal gee tot die erkenning van die waarheid; En dat hulle hulself kan herstel uit die strik van die duiwel, wat deur hom gevange geneem is na sy wil.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Die Boodskap (DB)
Nee, hy moet liewer gaaf wees met almal. Hy moet liewer ’n goeie onderwyser van God se dinge wees en hom nie vererg as ander iets verkeerds teen hom doen nie. As ander met hom wil stry oor wat God sê, moet hy hulle mooi op die regte pad help. Dit kan wees dat God hulle hulle foute sal laat insien sodat hulle van opinie verander en dan aan die kant van die waarheid sal kom staan. Hulle sal besef dat hulle op die verkeerde pad was. Hulle sal die boeie breek waarmee Satan hulle geestelik gedwing het om net te doen wat hy wou gehad het.
2 TIMOTEUS 2:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle moet dié wat die waarheid teenstaan, sagmoedig onderrig. Miskien sal God daardie mense se harte verander, en sal hulle die waarheid leer ken. Dan sal hulle tot hulle sinne kom en uit die duiwel se strik ontsnap. Want hulle word deur hom gevange gehou om net te doen wat hy wil hê.