2 TESSALONISENSE 1:7-9
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Julle kry nou swaar, maar God sal julle help sodat julle en ook ons nie meer sal swaarkry nie. Hy sal dit doen wanneer Hy uit die hemel die Here Jesus vir al die mense sal wys sodat hulle Hom sal sien. Dit sal gebeur wanneer Jesus van die hemel af kom saam met sy sterk engele. Dit sal wees soos 'n vuur wat brand. Hy sal almal straf wat nie vir God ken nie, dit is almal wat nie wou luister nie toe ons die goeie boodskap van ons Here Jesus gebring het. Hierdie mense se straf sal wees dat dit vir altyd baie sleg sal gaan met hulle, want die Here sal nie by hulle wees nie. Hulle sal nie kan sien dat Hy 'n Koning is wat alles kan doen nie.
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
en aan julle lyding, en ons s'n, sal Hy 'n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en verligting te gee aan julle wat saam met ons verdruk word. Hy sal dit doen deur die openbaring van die Here Jesus uit die hemel saam met sy magtige engele, in 'n vuurvlam, terwyl Hy wraak uitoefen op hulle wat God nie erken, en die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Hulle sal gestraf word met ewige vernietiging, weg van die aangesig van die Here en sy magtige heerlikheid.
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En rus saam met ons vir julle wat verdruk is, wanneer die Here Jesus saam met sy magtige engele uit die hemel geopenbaar sal word, In vlammende vuur wat wraak neem op die wat God nie ken nie en die evangelie van onse Here Jesus Christus nie gehoorsaam nie. Wie sal gestraf word met 'n ewige verderf van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van Sy krag
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Die Boodskap (DB)
God sal julle swaarkry laat ophou op daardie dag wanneer die Here Jesus saam met al sy sterk engele terugkom. Hulle koms sal soos ’n reusevuur wees wat in die hemel verskyn. Dan sal Hy almal straf wat nie in God glo nie. Almal wat geweier het om die goeie nuus oor ons Here Jesus te glo sal op daardie dag in groot moeilikheid wees. Pyn en lyding sal dan hulle voorland wees, vir altyd! Die Here sal niks verder met hulle te doen wil hê nie. Hulle het hulle kans gehad. Hulle sal nooit weer die Here se goedheid en sy groot krag beleef nie.
2 TESSALONISENSE 1:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal rus gee aan julle wat verdruk word – en ook aan ons. Dit sal gebeur wanneer die Here Jesus met sy magtige engele vanuit die hemel verskyn. In ’n vlammende vuur sal Hy die mense straf wat God nie ken nie; dit is húlle wat hulle nie gesteur het aan die Goeie Nuus van ons Here Jesus nie. Hulle sal met ewige vernietiging gestraf word, weg van die Here se teenwoordigheid en sy heerlike mag af.