2 SAMUEL 7:18 - Compare All Versions

2 SAMUEL 7:18 ABA (Bybel vir almal)

Koning Dawid het ingegaan in die tent en hy het voor die verbondskis gaan lê. Hy het gesê: “Here God, ek en my familie is nie belangrik nie. Hoekom het U so baie vir my gedoen?

2 SAMUEL 7:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?

2 SAMUEL 7:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek, Here my God, en wie is my nageslag dat U my só ver gebring het?

2 SAMUEL 7:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Koning Dawid het toe ingegaan en voor die HERE gaan sit. Hy het gesê: “Wie is ek, HERE, my Heer; en wie is my huis dat U my tot hier gebring het?

2 SAMUEL 7:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe het koning Dawid ingegaan en voor die aangesig van die HERE gaan sit en gesê: Wie is ek, HERE HERE? en wat is my huis dat U my tot hiertoe gebring het?

2 SAMUEL 7:18 DB (Die Boodskap)

Koning Dawid het toe in die tent ingegaan en by die ark van die Here gaan sit. Hy het gebid: “Wie is ek, groot Here, en wie is my familie dat U my tot hier gebring het?

2 SAMUEL 7:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe het koning Dawid ingegaan en voor die HERE gaan sit en gebid: “Wie is ek, oppermagtige HERE, en wie is my nageslag dat U so baie vir my gedoen het?