2 SAMUEL 7:18
2 SAMUEL 7:18 Bybel vir almal (ABA)
Koning Dawid het ingegaan in die tent en hy het voor die verbondskis gaan lê. Hy het gesê: “Here God, ek en my familie is nie belangrik nie. Hoekom het U so baie vir my gedoen?
2 SAMUEL 7:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
2 SAMUEL 7:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek, Here my God, en wie is my nageslag dat U my só ver gebring het?
2 SAMUEL 7:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Koning Dawid het toe ingegaan en voor die HERE gaan sit. Hy het gesê: “Wie is ek, HERE, my Heer; en wie is my huis dat U my tot hier gebring het?
2 SAMUEL 7:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het koning Dawid ingegaan en voor die aangesig van die HERE gaan sit en gesê: Wie is ek, HERE HERE? en wat is my huis dat U my tot hiertoe gebring het?