2 SAMUEL 7:12-13
2 SAMUEL 7:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jou tyd verby is en jy sterf, dan sal Ek een van jou eie seuns koning laat word, en hy sal lank koning wees. Hý sal vir My 'n tempel bou, en Ek sal hom baie lank laat regeer.
2 SAMUEL 7:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. Hý sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.
2 SAMUEL 7:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan.