2 SAMUEL 24:15
2 SAMUEL 24:15 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het pes laat kom in die land Israel van die oggend tot die tyd wat Hy gesê het. Daar het 70 000 mense gesterf, van die stad Dan tot by die stad Berseba.
2 SAMUEL 24:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het 'n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentigduisend man gesterwe.
2 SAMUEL 24:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Here 'n pes van die oggend af tot die aand onder Israel ingestuur. Van die noorde tot die suide het daar sewentig duisend gesterf.
2 SAMUEL 24:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het toe 'n pessiekte in Israel beskik, van die oggend af tot die vasgestelde tyd. Van Dan tot Berseba het sewentigduisend man gesterf.
2 SAMUEL 24:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die HERE 'n pes oor Israel gestuur van die môre af tot op die vasgestelde tyd