2 SAMUEL 24:10
2 SAMUEL 24:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar nadat Dawid die volk laat tel het, het hy geweet dat hy verkeerd gedoen het. Hy het vir die Here gesê: “Here, ek het 'n groot sonde gedoen, maar vergewe asseblief my sonde, want ek het 'n baie dom ding gedoen.”
2 SAMUEL 24:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.
2 SAMUEL 24:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat hy die volk laat tel het, het Dawid se gewete hom gekwel. Hy het teenoor die Here bely: “Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding, Here! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”
2 SAMUEL 24:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Dawid se gewete het hom gepla nadat hy die manskappe getel het. Dawid sê toe vir die HERE: “Ek het ernstig gesondig deur wat ek gedoen het. HERE, skeld nou asseblief die sondeskuld van u dienskneg kwyt, want ek het baie dwaas opgetree.”
2 SAMUEL 24:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid se hart het hom getref nadat hy die volk getel het. Toe sê Dawid aan die HERE: Ek het grootliks gesondig deur wat ek gedoen het; want ek het baie dwaas gedoen.