2 SAMUEL 2:27
2 SAMUEL 2:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Joab antwoord: “So waar as wat God leef, as jy nie nou gepraat het nie, sou die manskappe eers teen die oggend opgehou het om hulle broers te agtervolg.”
2 SAMUEL 2:27 Bybel vir almal (ABA)
Joab het toe gesê: “As jy nie gepraat het nie, dan sou die manne aangehou het om hulle broers te jaag tot die oggend toe. Dit is so seker soos God lewe.”
2 SAMUEL 2:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.
2 SAMUEL 2:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Joab het geantwoord: “Waarlik, God weet dit, as jy nie nou gepraat het nie, sou ons die volk tot môreoggend laat veg het, en dit nogal broer teen broer.”
2 SAMUEL 2:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Joab antwoord toe: “So waar as God leef, as jy nie gepraat het nie, sou die manskappe almal eers teen die môre teruggeval het van die gejaag agter hulle broers aan.”