2 SAMUEL 19:7
2 SAMUEL 19:7 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, jy moet nou opstaan en vriendelik gaan praat met jou manne. Ek belowe jou, en die Here is my getuie, as jy nie uitkom en met hulle praat nie, dan sal niemand vannag hier by jou bly nie. En dan sal dit baie sleg gaan met jou, slegter as wat dit gegaan het vandat jy jonk was tot nou toe.”
2 SAMUEL 19:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE — as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u 'n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.
2 SAMUEL 19:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom nou, gaan stel u manskappe tevrede. Ek verklaar voor die Here: As u nie buitetoe gaan nie, sal daar vannag nie 'n enkele man by u oorbly nie. Dit sal vir u 'n groter ramp wees as enige ramp wat u in u hele lewe getref het.”
2 SAMUEL 19:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Staan dan nou op, gaan uit en praat mooi met jou dienaars, want ek sweer voor die HERE dat as jy nie uitgaan nie, niemand vannag by jou sal bly nie; en dit sal vir jou 'n ramp wees, erger as enige ramp wat jou oorgekom het van jou jeug af tot nou toe.”
2 SAMUEL 19:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan dan nou op, gaan uit en spreek met gemak met u dienaars; want ek sweer by die HERE, as u nie uitgaan nie, sal daar in hierdie nag geen by u bly nie; en dit sal vir u erger wees as al die onheil wat oorgekom het en jou van jou jeug af tot nou toe.