2 SAMUEL 17:23 - Compare All Versions

2 SAMUEL 17:23 ABA (Bybel vir almal)

Toe Agitofel sien Absalom wil nie doen wat hy gesê het nie, het hy sy donkie opgesaal en hy het gereedgemaak en teruggegaan na sy huis in die stad waar hy gewoon het. Hy het vir sy huisgesin gesê wat hulle moet doen, en toe het hy homself opgehang en hy het gesterf. Hulle het hom begrawe in sy pa se graf.

2 SAMUEL 17:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself verwurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.

2 SAMUEL 17:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Agitofel sien sy raad word nie gevolg nie, het hy sy donkie opgesaal en na sy huis toe in sy tuisdorp gery. Daar het hy sy sake gereël en homself opgehang en gesterf. Hy is in die familiegraf begrawe.

2 SAMUEL 17:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En Agitofel, hy het intussen gesien dat sy raad nie gevolg word nie. Toe saal hy die donkie op, maak gereed en gaan na sy huis in sy tuisdorp. Hy het opdragte gegee oor sy huisgesin, en homself opgehang. Hy is dood en is in sy vader se graf neergelê.

2 SAMUEL 17:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Agitofel sien dat sy raad nie gevolg is nie, het hy sy esel opgesaal en opgestaan en hom huis toe gegaan na sy huis, na sy stad, en sy huisgesin in orde gebring en homself opgehang en gesterwe en is begrawe in die graf van sy vader.

2 SAMUEL 17:23 DB (Die Boodskap)

Toe Agitofel sien die mense volg nie sy raad nie, het hy sy donkie opgesaal, sy goedjies gevat en na die dorp toe gery waar hy gebly het. Hy het vir sy huismense ’n paar laaste goed gesê wat hulle moet doen en homself toe opgehang. Hy is dood en hulle het hom in die familiegraf begrawe.

2 SAMUEL 17:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Intussen het Agitofel agtergekom dat sy advies nie aanvaar is nie. Hy het toe sy donkie opgesaal en na sy huis in sy tuisdorp gegaan. Daar het hy finale opdragte aan sy familie gegee en homself gaan ophang. Hy het gesterf en is in die familiegraf begrawe.