2 SAMUEL 17:14
2 SAMUEL 17:14 Bybel vir almal (ABA)
Absalom en al die manne van Israel het gesê Gusai se plan is beter as Agitofel se plan. Maar dit was die Here wat dit so laat gebeur het. Hy het dit besluit sodat die goeie plan van Agitofel nie kon slaag nie. Die Here het dit gedoen omdat Hy dit sleg wou laat gaan met Absalom.
2 SAMUEL 17:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.
2 SAMUEL 17:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Absalom en al die manskappe van Israel gesê: “Die raad van Gusai die Erekiet is beter as dié van Agitofel.” Maar eintlik was dit die Here wat die goeie raad van Agitofel verydel het, omdat die Here onheil oor Absalom wou bring.
2 SAMUEL 17:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Absalom en al die manne van Israel sê toe: “Die raad van Gusai, die man uit Ereg, is beter as die raad van Agitofel.” Die HERE het besluit om Agitofel se goeie raad te dwarsboom, sodat die HERE 'n ramp oor Absalom kon bring.
2 SAMUEL 17:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Absalom en al die manne van Israel het gesê: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitofel. Want die HERE het besluit om die goeie raad van Agitofel te verslaan, met die doel dat die HERE onheil oor Absalom sou bring.