2 SAMUEL 12:30
2 SAMUEL 12:30 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het die kroon afgehaal van hulle koning se kop. Die kroon was gemaak van een talent goud en daar was 'n mooi edelsteen op die kroon. Dawid het die kroon op sy eie kop gesit. Hy het baie goed in die stad gevat en saamgebring.
2 SAMUEL 12:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
2 SAMUEL 12:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het die kroon van hulle koning se kop afgehaal. Die kroon was van goud, sowat vier en dertig kilogram, en het 'n kosbare steen bevat. Dit het nou op Dawid se kop gekom, en hy het ook 'n groot buit uit Rabba saamgevat.
2 SAMUEL 12:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het hulle koning se kroon van sy kop afgehaal. Die gewig daarvan was 'n kikkar goud, en daar was edelstene in. Dit is op Dawid se kop geplaas. Die buit van die stad wat hy weggevoer het, was besonder groot.
2 SAMUEL 12:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hulle koning se kroon van sy hoof afgehaal, waarvan die gewig 'n talent goud was met die edelgesteentes, en dit is op Dawid se kop gesit. En hy het die buit van die stad in groot menigte uitgebring.