2 SAMUEL 12:28
2 SAMUEL 12:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Roep tog nou die res van die burgers op en kom beleër die stad. Neem ú dit in sodat ek nie self die stad verower en dit dus my eiendom word nie.”
2 SAMUEL 12:28 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet nou die manne wat oor is, bymekaarmaak en julle moet hier by die stad julle tente kom opslaan. Jy moet die stad oorwin, want as ek die stad oorwin, dan sal die stad aan my behoort.”
2 SAMUEL 12:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
2 SAMUEL 12:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bring nou die res van die manskappe byeen, plaas die stad onder beleg en neem dit in; anders neem ek self die stad in, en dan word my naam daaroor uitgeroep.”
2 SAMUEL 12:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Versamel dan nou die res van die volk en laer op teen die stad en neem dit in, sodat ek nie die stad inneem en dit na my naam genoem word nie.