2 SAMUEL 12:13 - Compare All Versions
2 SAMUEL 12:13 ABA (Bybel vir almal)
Dawid het vir Natan gesê: “Ek het sonde gedoen teen die Here.” Natan sê toe vir Dawid: “Die Here het jou sonde vergewe omdat jy dit gesê het. Jy sal nie sterf nie.
2 SAMUEL 12:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
2 SAMUEL 12:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.” En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie.
2 SAMUEL 12:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek het gesondig teen die HERE,” het Dawid vir Natan gesê, waarop Natan toe vir Dawid sê: “Die HERE self het jou sonde opsy geskuif. Jy sal nie sterf nie
2 SAMUEL 12:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE. Toe sê Natan vir Dawid: Die HERE het ook jou sonde weggeneem; jy sal nie sterwe nie.
2 SAMUEL 12:13 DB (Die Boodskap)
Dawid het vir Natan gesê: “Ek het ’n vreeslike verkeerde ding teen die Here gedoen!” Natan het geantwoord: “Die Here sal die fout wat jy gemaak het, oorsien: jy sal nie die doodstraf kry nie
2 SAMUEL 12:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die HERE gesondig.” Natan antwoord hom: “Die HERE het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie.