2 PETRUS 3:8
2 PETRUS 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar my vriende, julle moenie hierdie een ding vergeet nie. Een dag is vir die Here soos 1 000 jaar, en 1 000 jaar is vir Hom soos een dag.
2 PETRUS 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
2 PETRUS 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.
2 PETRUS 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat hierdie een saak egter nie by julle verbygaan nie, geliefdes: By die Here is een dag soos duisend jaar, en duisend jaar soos een dag.
2 PETRUS 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar, geliefdes, moenie hierdie een ding onkundig wees nie, dat een dag by die Here is soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.