2 PETRUS 3:16
2 PETRUS 3:16 Die Boodskap (DB)
In al sy briewe wat oor die wederkoms handel, skryf hy oor hierdie dinge. Nou ja, ek moet erken dat sommige van die dinge wat Paulus skryf moeilik is om te verstaan. Daarom dat daardie dwase wat nie begryp waaroor dit alles gaan nie, sy woorde so maklik verdraai. Maar dit is niks vreemds nie, want hulle verdraai die hele Bybel. Daarom wag daar groot moeilikheid op hulle.
2 PETRUS 3:16 Bybel vir almal (ABA)
Hy het dit ook in al sy briewe geskryf, briewe waarin hy oor hierdie dinge gepraat het. In sy briewe is daar party dinge wat 'n mens moeilik verstaan. Mense wat nog nie alles verstaan wat gelowiges moet weet nie en mense wie se geloof nog nie sterk genoeg is nie, verstaan hierdie moeilike dinge verkeerd. Hulle verstaan die ander boeke van die Bybel ook verkeerd. Omdat hulle dit doen, sal hulle verlore gaan.
2 PETRUS 3:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
2 PETRUS 3:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel. Daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan. Oningeligte en onstandvastige mense gee daaraan 'n verkeerde uitleg, soos hulle trouens ook doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang.
2 PETRUS 3:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy praat hieroor in al sy briewe. Sommige van die opmerkings in sy briewe is moeilik om te verstaan. Oningeligtes en mense sonder beginsels verdraai sy briewe, soos hulle dit trouens ook met ander dele van die Skrif doen. Só bewerk hulle hulle eie ondergang.