2 PETRUS 2:5
2 PETRUS 2:5 Bybel vir almal (ABA)
God was ook lank gelede nie jammer vir die sondige wêreld nie toe Hy die watervloed oor die wêreld van die sondaars laat kom het. Maar Noag het in daardie tyd die boodskap gebring dat mense reg moet lewe voor God, en God het vir Noag gered. God het ook sewe ander mense saam met Noag gered uit die watervloed.
2 PETRUS 2:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het
2 PETRUS 2:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ook die wêreld van die outyd nie gespaar nie, maar die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring. Net vir Noag wat die wil van God verkondig het, en sewe ander mense het Hy gered.
2 PETRUS 2:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en as Hy die antieke wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die boodskapper van •geregtigheid, saam met sewe ander bewaar het, toe Hy die vloed oor die goddelose wêreld gebring het
2 PETRUS 2:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het die ou wêreld nie gespaar nie, maar Noag, die agtste persoon, 'n prediker van geregtigheid gered, deur die sondvloed oor die wêreld van die goddelose te bring
2 PETRUS 2:5 Die Boodskap (DB)
God het ook nie die wêreld daar in die ou dae met hulle verkeerde dade laat wegkom nie. Hy het toe die hele sondige wêreld in water laat vergaan. Net Noag, die enigste persoon wat in daardie tyd vir mense gesê het om na God te luister, en sewe ander mense se lewens het Hy van vernietiging gered.
2 PETRUS 2:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het ook die wêreld van lank gelede nie gespaar nie, maar slegs vir Noag en sy gesin van sewe bewaar. Noag het gepreek oor hoe mense reg voor God moet lewe en oor hoe Hy regverdig straf. Toe het God die hele wêreld vol goddelose mense met ’n vloed vernietig.