2 PETRUS 2:18-19
2 PETRUS 2:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Hulle dink hulle sê baie belangrike dinge, maar hulle woorde beteken niks. Hulle wil mense verlei om ook slegte dinge te doen, mense wat probeer om weg te kom van mense wat verkeerd lewe. Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak, maar die vals leermeesters is self slawe van alles wat sleg en swak is, want wanneer iets jou oorwin het, dan is jy sy slaaf.
2 PETRUS 2:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword.
2 PETRUS 2:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle is aanmatigend en sê sinlose dinge. Met wellus en losbandigheid verlei hulle die mense wat pas vrygekom het uit die kring van dié wat op dwaalweë verkeer. Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.
2 PETRUS 2:18-19 Die Boodskap (DB)
Hulle is ongeskik en praat die grootste nonsens. Hulle verlei onskuldige mense om saam met hulle aan hulle afstootlike seksuele sondes deel te neem. Nuwe gelowiges wat maar pas van hulle sondige verlede afgesien het, is veral die prooi van dié mense. Hulle sleep die niksvermoedende gelowiges saam met hulle in die ellende in. Natuurlik beloof hulle hemel en aarde aan hierdie arme mense. Maar van die beloofde vryheid kom daar net mooi niks nie, want die mense wat hierdie leë beloftes maak, is self in die kloue van die dood vasgevang. Immers, as iets jou in sy mag beethet, is jy ’n slaaf daarvan.
2 PETRUS 2:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle is bombasties en praat onsin. Hulle gebruik die losbandige luste van die mens se natuurlike drange as lokaas om die mense wat pas ontsnap het van dié wat op die verkeerde pad is, te verlei. Hulle belowe vryheid, maar is self slawe in diens van korrupsie. As iets jou in sy mag het, is jy mos sy slaaf.