2 PETRUS 1:4
2 PETRUS 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom het God belowe om vir ons kosbare en baie groot dinge te doen? Dit is omdat Hy so groot en sterk is. Hy het dit gedoen sodat julle vry kan wees en kan ophou om die slegte dinge te wil doen wat die mense van die wêreld graag wil doen, dinge wat hulle laat sterf. Dan sal julle mense word wat soos God is en wat lewe soos Hy.
2 PETRUS 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
2 PETRUS 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.
2 PETRUS 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is.
2 PETRUS 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waardeur aan ons uitermate groot en kosbare beloftes gegee word, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verderf ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
2 PETRUS 1:4 Die Boodskap (DB)
Toe Hy dit gedoen het, het Hy boonop die wonderlikste en die grootste beloftes aan ons gegee. Sy doel met hierdie hemelse geskenke is om julle in staat te stel om nee te kan sê vir elke versoeking. Gee dadelik pad wanneer julle eie begeertes julle op sleeptou wil neem agter verkeerde dinge aan. Dan kry julle al hoe meer deel aan God se karakter.
2 PETRUS 1:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word.