2 PETRUS 1:17
2 PETRUS 1:17 Bybel vir almal (ABA)
God die Vader het vir Jesus eer gegee en God het vir Jesus Koning gemaak. God is self die Groot Koning, en Hy het gesê: “ Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”
2 PETRUS 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
2 PETRUS 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
2 PETRUS 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Hy van God die Vader eer en heerlikheid ontvang het, toe die luisterryke Majesteit die stem tot Hom laat kom het wat sê, “Hy is my Seun, my geliefde Seun, in wie Ek My verbly,”
2 PETRUS 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe so 'n stem uit die voortreflike heerlikheid na Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.