2 PETRUS 1:14 - Compare All Versions
2 PETRUS 1:14 ABA (Bybel vir almal)
Want ek weet dat ek nie meer lank sal lewe nie, ons Here Jesus Christus het dit vir my gesê.
2 PETRUS 1:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.
2 PETRUS 1:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek weet dat my dood nie meer ver is nie. Ons Here Jesus Christus het dit trouens duidelik aan my bekend gemaak.
2 PETRUS 1:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
want ek weet dat my tentwoning binnekort afgebreek sal word – soos ons Here Jesus Christus dit ook aan my duidelik gemaak het.
2 PETRUS 1:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat ek weet dat ek binnekort hierdie tabernakel van my moet aflê, soos onse Here Jesus Christus my getoon het.
2 PETRUS 1:14 DB (Die Boodskap)
Ongelukkig sal dit nie meer te lank wees nie, want my dood is voor die deur. Ons Here Jesus Christus het dit duidelik vir my gewys.
2 PETRUS 1:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ons Here Jesus het dit egter aan my bekendgemaak dat ek binnekort gaan sterf.