2 KONINGS 22:2
2 KONINGS 22:2 Bybel vir almal (ABA)
Josia het dinge gedoen waarvan die Here hou. Hy het gelewe presies soos sy voorvader Dawid.
2 KONINGS 22:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.
2 KONINGS 22:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.
2 KONINGS 22:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het gedoen wat reg is in die oë van die HERE. Hy het in alle opsigte die pad van sy voorvader Dawid gevolg en nie links of regs daarvan afgewyk nie.
2 KONINGS 22:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, en in die hele weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.