2 KONINGS 14:25
2 KONINGS 14:25 Bybel vir almal (ABA)
Jerobeam seun van Joas het die grond weer teruggevat wat voorheen aan Israel behoort het, dit was van die stad Lebo-Hamat tot by die Dooie See. Dit het gebeur soos die Here gesê het toe Hy sy dienaar Jona seun van Amittai gestuur het om 'n boodskap te bring. Jona was die profeet wat van die stad Gat-Gefer gekom het.
2 KONINGS 14:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hý het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die HERE, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.
2 KONINGS 14:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het die grense van Israel herstel, van Lebo-Hamat af tot by die see in die Jordaanvallei. Dit was in ooreenstemming met wat die Here die God van Israel gesê het deur sy dienaar Jona seun van Amittai, die profeet uit Gat-Gefer.
2 KONINGS 14:25 Die Boodskap (DB)
Maar tog het hy al die grond wat Israel verloor het, teruggeneem. Hy het Israel se grense van Lebo-Hamat af tot by die Dooie See herstel. Dit het gebeur volgens die uitspraak van die Here, die God van Israel, deur die profeet Jona, die seun van Amittai, uit die dorp Gat-Gefer.