2 KONINGS 12:18
2 KONINGS 12:18 Bybel vir almal (ABA)
Koning Joas van Juda het toe al die gewyde presente geneem wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die konings van Juda, gewy het, en ook sy eie gewyde presente, al die goud wat hy kon kry in die stoorkamers van die tempel en die paleis. Hy het dit vir koning Gasael van Aram gestuur. Gasael het toe nie vir Jerusalem aangeval nie.
2 KONINGS 12:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.
2 KONINGS 12:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koning Joas van Juda het al die gewyde gawes wat deur sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, konings van Juda, gebring is, gevat en aan koning Gasael van Aram gestuur saam met sy eie gewyde gawes en al die goud wat in die skatkamers van die huis van die Here en in die paleis te vinde was. Toe het Gasael van Jerusalem af teruggetrek.
2 KONINGS 12:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Jehoas, koning van Juda, al die heilige gawes geneem wat sy voorvaders Josafat, Jehoram en Ahasia, konings van Juda, gewy het, asook sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die huis van die HERE en die koninklike paleis, en dit vir Gasael, koning van Aram, gestuur. Gasael het toe van Jerusalem af weggetrek.
2 KONINGS 12:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Joas, die koning van Juda, het al die heilige gawes geneem wat Josafat en Joram en Ahásia, sy vaders, konings van Juda, geheilig het, en sy eie heilige gawes en al die goud wat in die skatte van die huis van die die HERE en in die huis van die koning en dit na Hásael, die koning van Aram, gestuur, en hy het van Jerusalem af weggegaan.
2 KONINGS 12:18 Die Boodskap (DB)
In dié tyd het Hasael, die koning van Aram, die dorp Gat aangeval en oorwin. Toe het hy besluit om Jerusalem aan te val.
2 KONINGS 12:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Koning Joas van Juda het al die gewyde voorwerpe wat sy voorvaders Josafat, Joram en Ahasia, die vorige konings van Juda, gegee het, aan koning Gasael van Aram gestuur. Hy het ook dit wat hy gegee het saam met al die goud wat in die skatkamers van die tempel van die HERE en die paleis te vind was aan koning Gasael gestuur. Gasael het toe sy aanslag op Jerusalem afgelas.