2 KORINTIËRS 9:8
2 KORINTIËRS 9:8 Bybel vir almal (ABA)
God kan vir julle baie goeie dinge gee, sodat julle meer as genoeg sal hê. En dan sal julle altyd genoeg hê van alles wat julle nodig het. Maar dan sal julle ook meer as genoeg hê om te gee vir mense wat nie genoeg het nie.
2 KORINTIËRS 9:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
2 KORINTIËRS 9:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
2 KORINTIËRS 9:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle altyd in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.
2 KORINTIËRS 9:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God is magtig om alle genade oorvloedig oor jou te laat wees; sodat julle, wat altyd in alles genoegsaam is, oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
2 KORINTIËRS 9:8 Die Boodskap (DB)
God laat julle in al sy goedheid deel. Nee, eintlik oorlaai Hy julle met sy genade sodat julle altyd oorgenoeg van alles het. Julle het geen gebrek op geestelike of materiële gebied nie. Daarom kan julle altyd goed doen en ander mense help. Ja, julle lewe kan regtig oorloop van vrygewigheid en goeie werke.