2 KORINTIËRS 9:6
2 KORINTIËRS 9:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit sê Ek: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en hy wat volop saai, sal ook volop maai.
2 KORINTIËRS 9:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet onthou: As iemand min saai, dan kry hy min, en as hy baie saai, dan kry hy baie.
2 KORINTIËRS 9:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
2 KORINTIËRS 9:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.
2 KORINTIËRS 9:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die punt is: Wie karig saai, sal karig oes; en wie oorvloedig saai, sal oorvloedig oes.
2 KORINTIËRS 9:6 Die Boodskap (DB)
Ek gaan nie aan julle voorskryf hoeveel julle moet gee nie, maar ek gee wel vir julle die volgende riglyn: ’n boer wat min plant, kry ’n klein oes, en ’n boer wat baie plant, kry ’n groot oes.