2 KORINTIËRS 9:13
2 KORINTIËRS 9:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op grond van die bewys wat deur hierdie diensbetoning gelewer word, verheerlik hulle God oor julle gehoorsaamheid aan julle belydenis van die evangelie van •Christus, en oor die vrygewigheid van julle bydrae aan hulle en aan almal.
2 KORINTIËRS 9:13 Bybel vir almal (ABA)
As julle hierdie geld gee vir die gelowiges in Jerusalem, dan het julle die toets geslaag. Dan wys dit dat julle gehoorsaam is wanneer julle sê dat julle die goeie boodskap van Christus glo. Dit wys ook dat julle jammer is vir die gemeente in Jerusalem en vir al die gemeentes. En dan sal die gelowiges vir God prys.
2 KORINTIËRS 9:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal
2 KORINTIËRS 9:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander.
2 KORINTIËRS 9:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl hulle deur die beproewing van hierdie bediening God verheerlik vir julle belyde onderdanigheid aan die evangelie van Christus en vir julle vrygewige verspreiding aan hulle en aan alle mense
2 KORINTIËRS 9:13 Die Boodskap (DB)
Wanneer die gelowiges in Jerusalem sien dat julle bereid is om hulle met julle geld te dien, sal hulle God eer omdat julle so gehoorsaam is aan Christus. Hulle sal sien julle geloof is nie net lippetaal nie. Hulle sal God loof omdat julle so ’n groot klomp geld gee aan hulle en aan ander wat swaarkry om te wys dat julle een is voor God.