2 KORINTIËRS 9:10-11
2 KORINTIËRS 9:10-11 Bybel vir almal (ABA)
God is die Een wat saad gee vir die persoon wat saai, en Hy gee kos om te eet. Hy sal ook vir julle saad gee en Hy sal dit meer laat word. As julle doen wat God wil hê, dan sal Hy dit meer en meer laat word. God sal vir julle genoeg gee van alles sodat julle altyd graag vir ander mense sal wil gee. En dan sal die gelowiges in Jerusalem vir God dankie sê wanneer ons die geld vir hulle gee wat julle gekollekteer het.
2 KORINTIËRS 9:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem, sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
2 KORINTIËRS 9:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word
2 KORINTIËRS 9:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy wat saad aan die saaier voorsien en ook brood as voedsel, sal aan julle saad verskaf en dit vermeerder, en Hy sal die vrug van julle geregtigheid laat toeneem. So word julle in elke opsig verryk, om in alles vrygewig te wees, en dit loop deur ons bemiddeling uit op danksegging aan God.
2 KORINTIËRS 9:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy wat saad bedien vir die saaier, bedien ook brood vir jou voedsel en vermeerder jou saad wat gesaai is, en vermeerder die vrugte van jou geregtigheid.) Deur in alles verryk te word tot alle oorvloed, wat deur ons danksegging aan God bewerk.
2 KORINTIËRS 9:10-11 Die Boodskap (DB)
God is baie goed vir ons almal. Hy sorg dat daar elke jaar goeie oeste op die lande is en dat daar altyd genoeg brood op die tafel is om te eet. Net so sal Hy ook vir julle die regte soort saad gee om te saai en sorg dat dit baie vrug dra. Wat ek bedoel, is dat God sal sorg dat al die goeie dinge wat julle doen ’n reuse-oes oplewer. So sal julle en ander mense selfs nog meer van die Here se goedheid in julle lewe beleef. God sal sorg dat julle altyd meer as genoeg het om van te leef. Hy maak julle ryk genoeg om altyd vrygewig te wees. Daarom sal julle geldelike bydraes, wat ons binnekort na die gelowiges in Jerusalem neem, tot gevolg hê dat daar sommer baie dankgebede na God toe opgestuur word.
2 KORINTIËRS 9:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons toedoen bring julle vrygewigheid mee dat God gedank word.