2 KORINTIËRS 6:9
2 KORINTIËRS 6:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie
2 KORINTIËRS 6:9 Bybel vir almal (ABA)
Party mense wil nie glo dat ons apostels is nie, maar party mense glo dat ons apostels is. Mense doen baie slegte dinge aan ons, ons sterf amper, maar ons lewe nog. Mense hou aan om ons te straf, maar hulle kan ons nie doodmaak nie.
2 KORINTIËRS 6:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie
2 KORINTIËRS 6:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie
2 KORINTIËRS 6:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As onbekend, en tog welbekend; as sterwendes, en kyk, ons lewe; as getugtig en nie gedood nie