2 KORINTIËRS 6:8
2 KORINTIËRS 6:8 Bybel vir almal (ABA)
Ons hou aan om die werk te doen wanneer mense goeie dinge oor ons sê en wanneer mense slegte dinge oor ons sê, ons hou aan wanneer hulle dink ons is nie belangrik nie en wanneer hulle dink ons is baie belangrik. Mense sê ons vertel leuens, maar ons praat die waarheid.
2 KORINTIËRS 6:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig
2 KORINTIËRS 6:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar
2 KORINTIËRS 6:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
te midde van eer en oneer, te midde van laster en lof, as misleiers, wat tog opreg is
2 KORINTIËRS 6:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur eer en oneer, deur slegte gerug en goeie gerug: soos bedrieërs en tog waaragtig