2 KORINTIËRS 5:2-3 - Compare All Versions

2 KORINTIËRS 5:2-3 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl ons in hierdie tent van ons woon, kla en sug ons. Ons verlang om ons hemelse gebou bo-oor ons tent te sit. Wanneer ons weggegaan het uit hierdie tent op die aarde, dan wil ons nie niks hê nie.

2 KORINTIËRS 5:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.

2 KORINTIËRS 5:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek. Ons wil nie ontklee wees en naak voor God staan nie.

2 KORINTIËRS 5:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En daarom sug ons, want ons verlang intens daarna om met ons woning vanuit die hemel beklee te word. As ons net nie ontklee en nakend gevind sal word nie!

2 KORINTIËRS 5:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want hierin sug ons en verlang ernstig om beklee te word met ons huis wat uit die hemel is: As ons gekleed is, sal ons nie naak gevind word nie.

2 KORINTIËRS 5:2-3 DB (Die Boodskap)

Terwyl ons nou nog in hierdie ou aardse tent van ons aansukkel, kry ons swaar. Ons sien baie uit na daardie nuwe hemelse liggaam. Wanneer ons dit die dag van God ontvang, sal ons glad nie nakend of hulpeloos wees nie.

2 KORINTIËRS 5:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In hierdie tentwoning swoeg en kreun ons, want ons verlang daarna om ons hemelse woning te betrek. As ons tog maar net met klere aan, en nie kaal nie, voor God sal mag staan!