2 KORINTIËRS 4:7
2 KORINTIËRS 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie boodskap oor Jesus Christus is baie kosbaar. Maar God het die boodskap gebêre in kleipotte wat maklik kan breek. Hierdie kleipotte is ons. Almal moet sien dat die boodskap groot krag het omdat dit van God kom en nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God kan wees en nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:7 Die Boodskap (DB)
Al is God by my, is ek maar net ’n doodgewone mens. Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my rond. Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk, glad nie uit my kom nie. Inteendeel