2 KORINTIËRS 4:4
2 KORINTIËRS 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In wie die god van hierdie wêreld die sinne van die ongelowiges verblind het, sodat die lig van die heerlike evangelie van Christus, wat die beeld van God is, nie op hulle sou skyn nie.
2 KORINTIËRS 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Die god van hierdie wêreld het die verstand van die ongelowiges blind gemaak. Hulle kan nie die lig sien van die goeie boodskap wat sê dat Christus die Koning is nie. Christus het vir ons kom wys hoe God is.
2 KORINTIËRS 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
2 KORINTIËRS 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.
2 KORINTIËRS 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
vir die ongelowiges wie se denke deur die god van hierdie bedeling verblind is, sodat die lig van die evangelie van die heerlikheid van •Christus, wat die beeld van God is, nie oor hulle skyn nie.
2 KORINTIËRS 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In wie die god van hierdie wêreld die sinne van die ongelowiges verblind het, sodat die lig van die heerlike evangelie van Christus, wat die beeld van God is, nie op hulle sou skyn nie.
2 KORINTIËRS 4:4 Die Boodskap (DB)
Dit is omdat hulle op pad is na die doderyk toe. Hulle het toegelaat dat die god van hierdie donker wêreld hulle blind maak. Omdat hulle nie glo nie, is hulle lewe nou pikdonker. Daarom sien hulle nie die lig wat die goeie nuus oor Christus in mense se lewe bring nie. Hierdie goeie nuus handel oor Christus, Hy wat so vol glorie en heerlikheid is. Christus is ook die ewebeeld van God. Hy wys vir ons wie God regtig is.