2 KORINTIËRS 4:13
2 KORINTIËRS 4:13 Bybel vir almal (ABA)
In die Ou Testament is geskryf: Ek het geglo, daarom het ek gepraat. Ons het ook die Heilige Gees wat ons laat glo. Ons glo, en daarom praat ons.
2 KORINTIËRS 4:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom spreek ons ook.
2 KORINTIËRS 4:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar staan in die Skrif: “Ek het geglo, daarom het ek gepraat.” Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook.
2 KORINTIËRS 4:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons.
2 KORINTIËRS 4:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons het dieselfde gees van geloof, soos geskrywe is: Ek het geglo, en daarom het ek gespreek; ons glo ook, en daarom praat ons