2 KORINTIËRS 3:6-7
2 KORINTIËRS 3:6-7 Bybel vir almal (ABA)
God het ons goed genoeg gemaak om die werk te kan doen, ons moet vir mense vertel van 'n nuwe verbond. 'n Mens skryf hierdie verbond nie met letters op papier nie, nee, die Heilige Gees skryf dit. Letters op papier bring die dood, maar die Gees laat mense lewe. Die werk wat Moses moes doen, het mense laat sterf. God het die letters van daardie werk op plat klippe geskryf. Moses se werk was om die wette van God die Koning na die volk toe te neem. Daarom kon die Israeliete nie na Moses se gesig kyk nie, sy gesig het te veel geblink. Moses se werk het 'n wonderlike ding laat gebeur, maar dit gebeur nou nie meer nie.
2 KORINTIËRS 3:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan
2 KORINTIËRS 3:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het
2 KORINTIËRS 3:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ons bekwaam gemaak om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees – nie van die letter nie, maar van die Gees. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. As die bediening van die dood, wat met letters op klippe gegraveer is, met soveel heerlikheid tot stand gekom het dat die kinders van Israel nie stip na die aangesig van Moses kon kyk nie, weens die glans op sy gesig, wat tog aan die verbygaan was
2 KORINTIËRS 3:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat ons ook bekwame bedienaars van die nuwe testament gemaak het; nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. Maar as die bediening van die dood, geskrywe en in klippe gegraveer, heerlik was, sodat die kinders van Israel die aangesig van Moses nie vas kon aanskou ter wille van die heerlikheid van sy aangesig nie; watter heerlikheid tot niet gemaak moes word
2 KORINTIËRS 3:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek moet vir mense gaan vertel van die nuwe ooreenkoms wat God tussen Hom en ons almal tot stand gebring het. Hierdie ooreenkoms is nie met pen en papier geskryf nie. Nee, luister mooi: dit is deur die Gees in ons lewe oorgeskryf. ’n Ooreenkoms op papier bring in elk geval niks anders as die dood nie. Maar die Gees gee vir altyd lewe. Kom ek verduidelik met ’n voorbeeld wat ek bedoel. Julle weet mos dat al Moses se wette op klip uitgekap is. Toe hy dit daar op die berg ontvang het, het sy gesig so helder geblink dat die Israeliete hom nie in die oë kon kyk nie. Na ’n rukkie het die glans egter van sy gesig verdwyn. Hierdie wonderlike tydperk van die wet het nie daarin geslaag om mense by die ware lewe uit te bring nie. Maar dit was nogtans ’n ongelooflike tyd.
2 KORINTIËRS 3:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. As die bediening wat tot die dood lei, en wat met letters in klip gegraveer is, soveel heerlikheid gehad het – al sou dit gou weer verdwyn – dat die kinders van Israel as gevolg van die glans op Moses se gesig nie daarna kon bly kyk nie