2 Korintiërs 3:6-7

2 Korintiërs 3:6-7 ABA

God het ons goed genoeg gemaak om die werk te kan doen, ons moet vir mense vertel van 'n nuwe verbond. 'n Mens skryf hierdie verbond nie met letters op papier nie, nee, die Heilige Gees skryf dit. Letters op papier bring die dood, maar die Gees laat mense lewe. Die werk wat Moses moes doen, het mense laat sterf. God het die letters van daardie werk op plat klippe geskryf. Moses se werk was om die wette van God die Koning na die volk toe te neem. Daarom kon die Israeliete nie na Moses se gesig kyk nie, sy gesig het te veel geblink. Moses se werk het 'n wonderlike ding laat gebeur, maar dit gebeur nou nie meer nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Korintiërs 3:6-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid