2 KORINTIËRS 1:8
2 KORINTIËRS 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons wil hê dat julle moet weet hoe swaar ons gekry het in Asië. Ons het baie swaar gekry, dit was vir ons te veel, ons het gedink ons sal doodgaan.
2 KORINTIËRS 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het.
2 KORINTIËRS 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het.
2 KORINTIËRS 1:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want, broers, ons wil nie hê julle moet onkundig wees oor die verdrukking wat ons in Asië beleef het nie, dat die swaarkry wat ons verduur het, ver bo ons kragte was, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het.
2 KORINTIËRS 1:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onkundig moet wees van ons benoudheid wat in Asië oor ons gekom het nie, dat ons verdruk was, bo krag, sodat ons selfs aan die lewe wanhopig was.