2 KORINTIËRS 1:16
2 KORINTIËRS 1:16 Bybel vir almal (ABA)
Want ek wou eers na julle toe gaan en dan na die provinsie Masedonië. Ek wou dan weer van Masedonië terugkom na julle toe. Ek wou hê dat julle my moet help om na die provinsie Judea te gaan.
2 KORINTIËRS 1:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en by julle langs deurgaan na Macedónië, om weer van Macedónië af by julle te kom en deur julle voortgehelp te word na Judéa.
2 KORINTIËRS 1:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wou julle op die deurreis na Masedonië toe besoek en weer op die terugreis van Masedonië af, en dan met julle hulp my reis voortsit na Judea toe.
2 KORINTIËRS 1:16 Die Boodskap (DB)
Later op pad terug van daar af sou ek dan ’n tweede maal by julle kom oorbly het. So sou julle sommer twee keer deel kon hê in al die wonderlike hemelse geskenke wat God vir my gegee het. Boonop sou julle my tydens my tweede besoek kon help met al my voorbereidings vir my reis na Judea. Ongelukkig het hierdie planne toe nie so uitgewerk nie.