2 KORINTIËRS 1:14
2 KORINTIËRS 1:14 Bybel vir almal (ABA)
soos julle klaar begin het om ons te verstaan. Ja, ons wil hê dat julle trots sal wees op ons, so trots soos ons sal wees op julle, daardie dag wanneer ons Here Jesus weer kom.
2 KORINTIËRS 1:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.
2 KORINTIËRS 1:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tot nou toe het julle ons maar gedeeltelik verstaan. Op die dag wanneer ons Here Jesus kom, sal julle dan net so trots op ons wees soos ons op julle.
2 KORINTIËRS 1:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
– soos julle ons ook ten dele verstaan het – dat ons op die dag van ons Here Jesus julle tot roem sal wees, net soos julle ook vir ons.
2 KORINTIËRS 1:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos julle ons ook ten dele erken het, dat ons julle vreugde is, net soos julle ook aan ons behoort in die dag van die Here Jesus.