2 KRONIEKE 22:9
2 KRONIEKE 22:9 Bybel vir almal (ABA)
Jehu het toe vir Ahasia gesoek. Ahasia het in die stad Samaria weggekruip, maar hulle het hom daar gevang. Hulle het hom na Jehu toe gebring en hulle het hom doodgemaak. Hulle het hom begrawe, want hulle het gesê: “Hy is die kleinseun van Josafat, Josafat het die Here met sy hele hart gedien.” Nadat Ahasia gesterf het, was daar niemand in sy familie wat dadelik koning kon word nie.
2 KRONIEKE 22:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.
2 KRONIEKE 22:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het hy na Ahasia gesoek. Ahasia is gevang waar hy in Samaria probeer wegkruip het, en na Jehu toe gebring, waar hy ook doodgemaak is. Ahasia is behoorlik begrawe, want die mense het gesê: “Hy is die kleinseun van Josafat, en Josafat het die Here met sy hele hart gedien.” In dié stadium was daar niemand uit die koningshuis van Ahasia wat die regering kon oorneem nie.
2 KRONIEKE 22:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarna het hy na Ahasia gesoek. Hulle het hom gevange geneem terwyl hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom na Jehu gebring en hom doodgemaak. Hulle het hom begrawe, want hulle het gesê: “Hy is 'n kleinseun van Josafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het.” Die huis van Ahasia het toe niemand gehad wat opgewasse vir die koningskap was nie.
2 KRONIEKE 22:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het Ahasia gesoek, en hulle het hom gevang (want hy was weggesteek in Samaria) en hom na Jehu gebring; en nadat hulle hom doodgemaak het, het hulle hom begrawe; want, sê hulle, hy is die seun van Josafat wat gesoek het die HERE met sy hele hart. Die huis van Ahasia het dus geen mag gehad om die koninkryk stil te hou nie.
2 KRONIEKE 22:9 Die Boodskap (DB)
Toe het hy na Ahasia begin soek. Van sy mense het vir Ahasia gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom gevang en vir Jehu gebring. Jehu het hom toe ook doodgemaak. Ahasia is soos ’n koning begrawe, want die mense het gesê: “Hy was darem Josafat se kleinseun en Josafat het alles in sy vermoë gedoen om die Here te dien.” Na Ahasia se dood was daar niemand wat hom as koning kon opvolg nie.
2 KRONIEKE 22:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jehu het Ahasia laat soek en hom gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom na Jehu toe gebring en hy het hom ook doodgemaak. Ahasia het ’n behoorlike begrafnis gekry, want daar is gesê: “Hy was die kleinkind van Josafat, ’n man wat die HERE met sy hele hart gedien het.” Daar was geen oorlewende lid van Ahasia se familie wat in staat was om die koninkryk te regeer nie.