2 KRONIEKE 22:8
2 KRONIEKE 22:8 Bybel vir almal (ABA)
Jehu was besig om die familie van Agab te straf. Hy het die amptenare van Juda gekry en ook die seuns van Ahasia se broers, hulle het vir Ahasia gewerk. Jehu het hulle doodgemaak.
2 KRONIEKE 22:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.
2 KRONIEKE 22:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Jehu was toe juis besig om die straf van God oor die koningshuis van Agab te voltrek. Hy het die amptenare van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat in Ahasia se gevolg was, raakgeloop en hulle doodgemaak.
2 KRONIEKE 22:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pas nadat Jehu die oordeel oor die huis van Agab voltrek het, het hy afgekom op die leiers van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat Ahasia bygestaan het. Hy het hulle toe om die lewe gebring.
2 KRONIEKE 22:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jehu besig was om oordeel te voltrek aan die huis van Agab en die vorste van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, wat Ahásia bedien het, gevind het, het hy hulle gedood.