2 KRONIEKE 22:7
2 KRONIEKE 22:7 Bybel vir almal (ABA)
Toe het met Ahasia gebeur wat God besluit het. Ahasia het by Joram gekom, en hy het vir Jehu seun van Nimsi daar ontmoet. Die Here het vir Jehu gesalf en gekies om die familie van Agab dood te maak.
2 KRONIEKE 22:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
2 KRONIEKE 22:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ahasia se ondergang met sy besoek aan Joram is deur God beskik. Na sy aankoms het hy saam met Joram opgetrek teen Jehu seun van Nimsi. Die Here het vir Jehu aangewys om die koningshuis van Agab uit te roei
2 KRONIEKE 22:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van God se kant af was dit 'n beskikking oor Ahasia om by Joram uit te kom. Met sy aankoms het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, seun van Nimsi, vir wie die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
2 KRONIEKE 22:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vernietiging van Ahásia was deur God deur na Joram te kom; want toe hy gekom het, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
2 KRONIEKE 22:7 Die Boodskap (DB)
Die besoek was egter ’n groot fout. Die Here het besluit om Ahasia te straf. Dit het só gebeur: Terwyl Ahasia by Joram gekuier het, het hulle twee uitgegaan om vir Jehu, Nimsi se seun, te ontmoet. Jehu is pas tevore deur die Here aangewys om Agab se koningshuis uit te wis.