1 TIMOTEUS 6:14-15
1 TIMOTEUS 6:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
dat jy jou opdrag stiptelik en onberispelik uitvoer totdat ons Here Jesus Christus weer verskyn. Want op die bestemde tyd sal God Jesus Christus openbaar, Hý, die geseënde en alleen Magtige, die Koning van die konings en die Heer van die here.
1 TIMOTEUS 6:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet presies doen wat ek vir jou gesê het en jy moet heeltemal reg lewe. Jy moet dit doen totdat ons Here Jesus Christus weer sal kom. Hy sal op die regte tyd kom. God sal dit laat gebeur. Ons moet God prys, dit is net Hy wat regeer. Hy is die Koning van die konings, Hy is die Here van almal wat regeer.
1 TIMOTEUS 6:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here
1 TIMOTEUS 6:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.” Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.
1 TIMOTEUS 6:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dat jy die opdrag suiwer en onberispelik sal uitvoer, tot die verskyning van ons Here Jesus Christus, wat God op sy eie tyd sal openbaar – Hy, die lofwaardige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die heersers
1 TIMOTEUS 6:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat jy hierdie gebod onberispelik en onberispelik onderhou tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus. Wat Hy in sy tye sal toon, wie is die geseënde en enigste Kragtige, die Koning van die konings en die Here van die here
1 TIMOTEUS 6:14-15 Die Boodskap (DB)
Voor God en Christus vra ek mooi: doen al hierdie dinge presies so en moenie foute maak nie totdat ons Here Jesus Christus weer kom. Dit sal gebeur wanneer God dink dat dit tyd daarvoor is. Dan sal Hy sorg dat dit gebeur. Hy is mos ons wonderlike en enigste Heerser. Hy regeer oor almal wat in hierdie wêreld regeer en Hy heers oor almal wat in die wêreld heers.