1 TIMOTEUS 5:5
1 TIMOTEUS 5:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Weduwee wat alleen agtergelaat is en niemand het om vir haar te sorg nie, vestig haar hoop volkome op God en volhard dag en nag met smeking en gebede.
1 TIMOTEUS 5:5 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer 'n weduwee alleen oorgebly het en sy het nie familie wat vir haar kan sorg nie, dan kan sy seker weet dat God vir haar sal sorg. Sy sê elke dag en nag vir God wat sy nodig het en sy bid tot Hom.
1 TIMOTEUS 5:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.
1 TIMOTEUS 5:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar sy wat werklik 'n weduwee is, en alleen agtergelaat is, vestig haar hoop steeds op God, en sy bly bedags en snags smeek en bid
1 TIMOTEUS 5:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy wat waarlik 'n weduwee en verlate is, vertrou op God en bly nag en dag in smekinge en gebede.