1 TIMOTEUS 5:21
1 TIMOTEUS 5:21 Bybel vir almal (ABA)
Ek waarsku jou ernstig. God en Christus Jesus en God se engele wat Hy gekies het om Hom te dien, hoor wat ek sê: Wanneer jy met die gemeente oor hierdie dinge praat, dan moet jy nie voor die tyd besluit wie is reg en wie is verkeerd nie, jy moet ook nie besluit om een persoon meer te help as 'n ander persoon nie.
1 TIMOTEUS 5:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.
1 TIMOTEUS 5:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid.
1 TIMOTEUS 5:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek vermaan jou ernstig voor God en Christus Jesus en die uitverkore engele om hierdie dinge sonder vooroordeel te onderhou, en niemand te begunstig nie.
1 TIMOTEUS 5:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele, dat jy hierdie dinge onderhou sonder om die een bo die ander te verkies en niks uit partydigheid te doen nie.
1 TIMOTEUS 5:21 Die Boodskap (DB)
Ek vra jou baie mooi, maar tog baie ernstig voor God, Jesus Christus en al die hemelse wesens: as jy teen ’n leier van die gemeente optree, moet jy niemand voortrek nie. Dat jy miskien van een meer hou as van ’n ander, mag nie by jou ’n rol speel nie. Jy moet almal gelyk behandel.